Mnr. Abe Dawid Carolus (63) se wit Hilux-bakkie is omstreeks 15:30 langs die N2-snelweg naby die ou Radermachers aangetref waar dit teen 'n paal tot stilstand gekom het. Hy was op pad in die rigting na Wildernis.
In nog 'n ongeluk die naweek op die N2-snelweg is twee mans ernstig beseer nadat die bestuurder van 'n ouerige blou Mazda-sedan Saterdag omstreeks 17:20 beheer oor die voertuig verloor het.
Die voertuig, waarin ses volwassenes en 'n jong kind was, het verskeie kere gerol en op sy dak tot stilstand gekom.
Volgens inligting was die insittendes vanaf Hooggekraal onderweg na George toe die bestuurder, mnr. Jongo Gladman (43) beheer verloor.
Nooddienspersoneel van Metro, ER24 en Med-Life, verkeer, die polisie en brandweer was gou op die toneel om na die beseerdes, wat buite die voertuig aangetref is, om te sien en die ongelukstoneel te beveilig.
Gladman en nog 'n man, wat hoofbeserings opgedoen het, is na die George-hospitaal geneem. Die ander passasiers, drie mans, 'n vrou en die kleuter, het ligte beserings opgedoen.
Die polisie ondersoek die ongelukke.
* A man (63) from Mossel Bay died on Friday afternoon after he allegedly suffered a heart attack while driving. Mr Abe Dawid Carolus's white Hilux bakkie left the N2 highway near the old Radermachers after which the vehicle drove into a poll. He was travelling in the direction of Wilderness. In another accident on Saturday afternoon on the N2 highway near Glentana, two men were seriously injured after the driver of a blue Mazda lost control of the vehicle and it overturned several times. The other five passengers in the Mazda, three men, a woman and a toddler, had minor injuries.
Paramedici sien om na een van die beseerde mans op die ongelukstoneel Saterdag naby Glentana. In die voorgrond is die vrou (in die demin-baadjie) saam met die kleuter wat ook in die ongeluk was.
Foto's: Lizette da Silva
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'