Raadslid Wessie van der Westhuizen (Oudtshoorn) is verkies tot uitvoerende burgemeester en raadslid Henry Jones (George) as uitvoerende onderburgemeester.
Knysna-munisipale raad se Doris Nayler is as speaker van die raad verkies.
Volgens ‘n betroubare bron binne die DA-bestuur, gaan Jones vir ‘n baie kort tyd onderburgemeester wees aangesien hy deur raadslid Lionel Esau van die George munisipale raad vervang gaan word.
Jones sal dan na die George-munisipale raad gaan.
"Daar word net gewag op dokumentasie van die Onafhanklike Verkiesingskommisie voor die ruilproses tussen Jones en Esau sal plaasvind," het die bron gesê
Jones het die raad en mense in die gallery met flambojante passies vermaak tydens sy inhuldiging as uitvoerende onderburgemeester.

Met flambojante passies het die rdh. Henry Jones, Eden se nuwe uitvoerende onderburgemeester, die raad en mense in die gallery vermaak.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK