SUID-KAAP NUUS - Woeker met jou talente sodat Afrikaans.com jou kan help om 'n stappie nader aan jou droom te kom, maar jy moet opskud, die kompetisie sluit op 30 September.
Alle gr. 8- tot 12-leerders (tweede en derde taal Afrikaanssprekendes is welkom) kan met die hutsteken #droomgroot17 op sosiale media (Facebook/Instagram, Twitter) deelneem deur 'n video te maak waarin hulle in Afrikaans op 'n kreatiewe manier spog met hul talente.
Die video moet dan opgelaai word en Afrikaans.com moet in die pos ge'tag' word.
Jy kan enige iets doen wat jou talent ten toon stel - van sing, dans, 'n instrument speel, tot stories vertel en rymklets.
Die wenner word bepaal deur 'n paneel wat drie inskrywings kies. Die finaliste sal dan gevra word om 'n motivering te skryf oor hoe die R10 000 gebruik kan word om 'n stappie nader aan hulle droom te kom.
Die algehele wenner kry die kans om te kies wat die prys moet wees… 'n kitaar, 'n rekenaar, 'n kort musiek- of skryfkursus, ensovoorts, waarna Afrikaans.com die geld beskikbaar stel en namens die wenner spandeer.
Besoek https://www.youtube.com/watch?v=o2CW3QC9g4Q vir 'n bietjie inspirasie.
Vir meer inligting besoek www.afrikaans.com en klik op die #DROOMGROOT-blokkie op die tuisblad.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'