MOSSELBAAI NUUS - 'n Nege-en-dertigjarige dosent van 'n plaaslike instansie op Mosselbaai het op 7 Mei in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van seksuele aanranding.
Volgens die polisie het die 39-jarige verdagte na bewering 'n 21-jarige student in 'n kantoor betas.
Die slagoffer het glo gehuil en toe die voorval aan medestudente vertel. 'n Saak van seksuele aanranding is by die polisie aanhangig gemaak.
Die saak is uitgestel na 20 Junie. Die verdagte het onskuldig gepleit op die aanklag teen hom. Die saak gaan hierna op verhoor.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'