MOSSELBAAI NUUS - Die toename in die bevolking, verbruikers se voedselbehoeftes en ander basiese benodighede, ook die newe-effekte van besoedeling en aardverwarming is faktore wat bydra tot toenames in die rommel wat deur huishoudings gestort word.
Hoewel Mosselbaai munisipaliteit, soos baie ander, hard werk om ‘n skoon dorp en omgewing te handhaaf, onder meer deur bewusmakingsveldtogte, laatnag-vullisverwyderingsinisiatiewe en gereelde opedae wat inwoners die geleentheid bied om van gevaarlike afval ontslae te raak, word veral gewone huishoudelike afval en bourommel steeds op oop vlaktes, in klowe, riviere, strate, op strande en in selfs stormwaterpype en -dreine onwettig gestort.
Nie net is dit onooglik en duur om te laat verwyder nie, maar dit kan ook gesondheidsrisikos meebring en ‘n beduidende impak op die dorp se toerisme en ekonomie hê.
Die munisipaliteit spandeer jaarliks derduisende rand om van onwettige afval ontslae te raak.
Wat weinig Mosselbaaiers besef, is dat hierdie uitgawes uit die belastingbetalers se sak kom.
Die onnodige uitgawes moet gedek word met geld wat beter aangewend kon word vir dienslewering en om broodnodige infrastruktuur te vestig.
Ook bourommer word dikwels in openbare oop areas gestort en alle belastingbetalers moet betaal vir sommige inwoners se nalatige en onwettige optrede wanneer die munisipaliteit die rommel moet verwyder.
Uitgawes en koste
Die belastingbetalers betaal gereeld ekstra sodat afval wat onwettig gestort word, gepas verwyder kan word:
- Meer as R10m word jaar bestee aan die spanne wat die strate skoonhou. Dis sluit daarbenewens grassny ook in en dien as ‘n werkskeppingsprojek, maar die primêre oogmerk is om vullis en rommel te verwyder.
- Die spanne wat letterlik elke dag van die jaar die strande skoonmaak kos sowat R1,5m per jaar.
- Strate en stormwater het slegs in November 2017 meer as R40 000 spandeer om ‘n paar stormwaterkanale skoon te maak.
- Maandeliks beloop dit sowat R50 000 vir masjienerie om onwettige bourommel weg te ry. Spesiale skoonmaakprojekte gehad om ‘n paar klowe skoon te maak het meer as R400 000 gekos.
- Vir 2018/19 gaan die munisipaliteit uit op tender vir kontrakteurs wat die klowe, groenstroke en ander oop ruimtes van onwettige storting skoon te hou. Dit sluit nie die verwydering van indringerplante in nie. Sowat R1,5m word vir die projek vir die jaar voorsien.
- Kostes aan kontrakteurs wat help met vullisverwydering in ver-af of moeilike areas en om oopruimtes skoon te hou beloop honderduisende rand per jaar.
- In sekere areas het word massahouers (skips) voorsien vir die publiek se vuilgoedsakke. Die omgewing om hierdie houers is baie keer vuiler as binne-in. Die plasings en leegmaak van hierdie grootmaathouers beloop duisende rand.
- Verskeie skoonmaakveldtogte word per maand gehou in samewerking met die betrokke wykskomitees en die gemeenskap, Hierdie inisiatief bespaar wel kostes.
- 'n Gemeenskapswerkskeppingsprojek word aangewend om mense aan te stel om sommige plekke skoon te maak. Uitgawes hieraan beloop meer as ‘n honderd duisend rand per jaar.
Miljoene
Meer as R15m per jaar van belastingbetalers se hardverdiende geld kan bespaar word as afval of rommel nie onwettig gestort word nie. Die bedrag sluit nie die kostes van herstelwerk deur die rioolafdeling nie. Beperkte mannekrag en kapitaal dra ook by tot die hoë uitgawes en probleem.
"Dis belangrik dat inwoners besef dat daar baie ander prioriteite is waarop die geld beter spandeer sou kon word, onder meer
- die opgradering van strate, elektrisiteit en ander dienste;
- opgradering van sportfasiliteite op te gradeer;
- oprigting van nuwe speelparke;
- opgradering en instandhouding van gemeenskapsale; en
- die implementering van gemeenskappe se ontwikkelingsvoorstelle waarvoor in die GOP gevra word.
Die onus berus by gemeenskappe in die groter Mosselbaai en omgewing om hulle te weerhou van onwettige aktiwiteite en om enige voorvalle van onwettige storting van afval dadelik aan te meld (044 606 5000) of (SMS na 44802).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'