Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Munisipaliteit het bevestig dat die onwettige kampeerders die Souwesiastrand verlaat het.
Dit volg nadat die munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee, ‘n vergunning gemaak het ten opsigte van 24 Desember en 31 Desember 2017 vir oornagkampering op die terrein.
“Daar is geen fasiliteite vir oornagkampering nie, dus word dit nie toegelaat nie. Hierdie was ‘n uitsondering. Geen voorvalle is in die tyd aangemeld nie en die kampeerders het die kampterrein vrywilliglik na die Nuwejaars-feesvieringe verlaat,” sê Giliomee.
Lees 'n vorige artikel | Souwesia: Slegs dagkampering toegelaat
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'