MOSSELBAAI NUUS - Volgens bevestigde berigte was twee voertuie n kort rukkie gelede in die Robinsonpas naby Ruiterbos in n botsing betrokke.
Nooddienspersoneel is op pad na die toneel.
Na wat berig word, het een voertuig die pad verlaat terwyl daar vermoedelik n persoon in die ander voertuig vasgekeer is.
Daar is geen bevestiging ontvang dat die R328 vir verkeer gesluit is nie.
Meer inligting volg sodra beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'