MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit se verkeersdepartement en wetstoepassers het, in samewerking met lede van die Da Gamaskop-polisiesone 17 arrestasies uitgevoer op uitstaande lasbriewe en nege persone is na die operasie in aanhouding.
Vroegoggend is veral taxis op Louis Fourieweg naby die Marshstraat-afrit voorgekeer en is die voertuie vir padwaardigheid nagegaan en uitstaande lasbriewe uitgevoer.
"Die vroegoggend-optrede op Woensdag het spesifiek op openbare vervoer gefokus aangesien Oktober ook Vervoermaand is.
Die optrede was maar die eerste van verskeie wat sal volg om wetstoepassing op te skerp en wetsgehoorsaamheid te bevorder," berig die munisipale woordvoerder, mnr Colin Puren.
"Daar was 17 arrestasies uitgevoer, waarna nege persone by die Mosselbaai-polisie in aanhouding geplaas is. Die totale uitstaande lasbriewe was 34 en was slegs vir relevante verkeersoortredings. Dit blyk dat dit meestal vir voertuig defekte was."
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUS REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'