MOSSELBAAI NUUS - Sewe verdagtes is reeds in hegtenis geneem en voor die hof gedaag vir die sewe moorde wat in die bestek van sowat twee weke in die KwaNonqaba-omgewing gepleeg is.
Sedert 16 Desember, toe die eerste van die vlaag moorde aangemeld is, tot en met 1 Januarie, toe die laaste voorval plaasgevind het, het lede van die KwaNonqaba-polisie se ondersoekeenheid al die verdagtes gearresteer.
Vyf van die slagoffers was mans wat in skermutselings met ander mans in mesvoorvalle omgekom het. In twee gevalle, egter, is vroue deur hul metgeselle doodgemaak.
In een geval het die metgesel 'n vrou so erg aangerand en geslaan dat sy en haar ongebore baba later in die hospitaal aan haar beserings beswyk het. In 'n ander voorval het die metgesel die vrou na wat verneem word aangerand en toe doodgesteek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'