Dit begin om 18:00 by Route 36, Mosselbaai AGS, Da Gamastraat 36, Da Nova.
Skouerskure is gereelde byeenkomste wat deur die 61 Meg Veteranevereniging gereël word vir hulle veterane dwarsoor die land.
Dit is informele geleenthede vir saamkuier en neem gewoonlik die vorm van ‘n bring en braai aan. Daar word gelag en soms ‘n traan weggepink terwyl die manne staaltjies en herinneringe uit die ou dae deel.
Hierdie skouerskure is nie net vir die manne nie; hul vroue en gesinne is ook welkom.
Daar is gewoonlik ‘n kort program met ‘n interessante praatjie sodat gaste ook bietjie pitkos kan huis toe neem.
By die skouerskuur op 17 September in Mosselbaai, sal daar hout en kole wees vir vleisbraai. Gaste moet hul eie vleis en drinkgoed saambring.
Ep van Lill wat in 1978 deel was van Veggroep Juliet en ook later bevelvoerder van 61 Meg Bataljon Groep in 1984 en 1985, gaan gesels oor soldaatwees.
Bevestig bywoning by admin@61Mech.org.za of 082 450 6056.

Lede van die 61 Meg Veteranevereniging tydens ‘n gedenkdiens en parade by die 61 Meg-gedenknaald by Ditsong Nasionale Museum vir Krygsgeskiedenis in Saxonwold, Johannesburg. Die eenheid se gevalle soldate se name verskyn op marmerstene van die gedenknaald.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'