TUINROETE | KAROO NUUS - Beide die Swartberg en Meiringspoort is tans vir verkeer gesluit. So sê Melt Botes, woordvoerder van die minister van infrastruktuur, Tertius Simmers.
"Daar is verkeerde boodskappe wat versprei word en ons bevestig hiermee dat beide Meiringspoort en Swartbergpas is steeds gesluit vir verkeer."
Volgens Botes sal dit gesluit bly tot verdere kennisgewing.
"Spanne werk tans aan beide die Tuinroete en Sentraal Karoo distriks-kante om die herstel en opruimproses te bespoedig. Voorlopige verslae dui aan dat die grootste skade aan die Sentraal Karoo-kant van die roetes is."
Padgebruikers moet asseblief padsluitingskennisgewings gehoorsaam, want daar mag skade wees wat nie met die blote oog sigbaar is nie.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’