Breaking News
SONSKYNVALLEI NUUS - ‘n Vyf-en-dertigjarige man sal na verwagting vandag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn nadat dwelms ter waarde van R70 000 gister in sy besit gevind is.
Die Mosselbaai Seegrenseenheid se lede het Maandag omstreeks 14:00 die verdagte langs die R328 naby Sonskynvallei opgemerk.
Bykans 1 000 mandrax tablette en 60g tik is in sy besit gevind.
Die verdagte staar ‘n aanklag van handel in dwelms in die gesig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’