MOSSELBAAI NUUS - ‘n 60-jarige man van Heiderand is vanoggend in die Mosselbaai Streekhof tronkstraf opgelê oor hy ‘n 8-jarige meisie betas het.
Die beskuldigde het die slagoffer in 2017 seksueel aangerand terwyl sy op sy skoot gesit het.
Sy dogter is in 'n verhouding met die pa van die slagoffer. Landdros Francis Makhamandela het tydens vonnisoplegging gesê dit is kommerwekkend dat die beskuldigde deurgaans volgehou het dat hy nie die slagoffer gepenetreer het nie, asof dit die erns van die misdryf verminder.
Makhamandela het gesê die beskuldigde kon nie aan die hof 'n rede vir sy optrede gee nie. Sy het gesê die beskuldigde is 60 jaar oud en het 'n verpligting gehad om die kind te beskerm.
Die beskuldigde is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf en sy naam sal gevoeg word in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders. Hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'