BESIGHEIDSNUUS - Alert Patrol is baie trots om aan te kondig dat hulle Executive Security in Mosselbaai bekom het en wil hiermee vir Louis du Plooy wat 24 jaar lank die maatskappy besit het, baie dankie sê vir sy harde werk en lojale diens wat hy aan die gemeenskap gelewer het.
Na aanleiding van hierdie uitbreiding het ons onlangs twee nuwe operasionele bestuurders, Piet Otto (Mosselbaai) en Arnold Boshoff (George) aangestel.
Otto het 'n weermag agtergrond en was onder andere hoof van rampbestuur by 'n Weskus-munisipaliteit.
Boshoff is 'n oudpolisieman en het jare se ervaring in die plaaslike sekuriteitsbedryf as algemene bestuurder by 'n baie bekende sekuriteitsfirma in George.
Volgens Alert Patrol se uitvoerende hoof, Abri Ferreira, is Otto en Boshoff se toevoegings 'n waardevolle aanwins vir die maatskappy weens hul jare lange ervaring in die sekuriteitsbedryf.
"Om op bestuursvlak soveel kennis en ervaring tot jou beskikking te hê, is voordelig vir die maatskappy se deurlopende groei en stabiliteit. Die gesamentlike ervaring waaroor ons beskik, maak ons vir seker die sterkste sekuriteitsmaatskappy in die Tuinroete-distrik," sê Ferreira.
"Ons voorsien nog uitbreidings vorentoe en ons doelwit is om selfs meer sekuriteitsmaatskappye onder ons vaandel in te lyf. Van ons groot kliënte in die streek sluit in PetroSA in Mosselbaai wat 'n nasio-nale sleutelpunt is. Ons verskaf dienste aan verskeie munisipaliteite in die streek asook verskeie groot franchise groepe. Ons verrig subkontrakteurswerk vir nasionale en internasionale sekuriteitsmaatskappye."
As amptelike sekuriteit sien Alert Patrol ook uit daarna om feesgangers weer welkom te heet vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2023.
Sekuriteitsbehoeftes waarin Alert Patrol spesialiseer:
- Nuutste tegnologie vir alarmstelsels
- Installering en monitering van sekuriteitskameras
- Sekuriteit by spesiale byeenkomste (insluitend sportgeleenthede)
- 24 uur operasionele beheerkamer
- Sekuriteitswagdienste
- Reaksie patrollie\voertuie
Vir enige kwotasies en of navrae, kontak ons by info@alertpatrol.co.za of telefoonnommer 044 272 2620.
Louis du Plooy (links) word deur Abri Ferreira verwelkom.
Alert Patrol se nuwe vloot van voertuie.
Abri Ferreira (links) verwelkom vir Piet Otto.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'