Advertorial Gallery
MOSSELBAAI SKOLE NUUS - Punt is onder die top 20 skole in die land met die meeste onderskeidings in Afrikaans Huistaal.
Wat die oes van onderskeidings betref was dit voorwaar ‘n besonderse jaar.
Vanjaar behaal 19 kandidate ’n A-gemiddeld. Hoërskool Punt is veral trots op die pragtige matriekvrystelling-syfer wat behaal is, naamlik 86.9%. Daar is min skole in die land wat dit kan nadoen. In totaal het Hoërskool Punt se matrieks 265 vakonderskeidings behaal. Voorwaar iets om op opreg trots te wees. Chanté van der Spuy is vanjaar die Top-kandidaat met 8 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 94%.
Fotogalery: Hoërskool Punt: Top kandidate vir 2019
Top Kandidate vir 2019:
- VAN DER SPUY, Chanté,94% met 8 onderskeidings (Sy word ook aangewys as die Top Kuns-kanidaat in die Wes-Kaap)
- SNYMAN, Christi 92% met 7 onderskeidings
- VERMAAK, Johandri 90% met 8 onderskeidings
- ELS, Irisa 89% met 7 onderskeidings
- BOTHA, Hester (Terena) 88% met 7 onderskeidings
- BARNARD, Johannes (Hansie) 88% met 6 onderskeidings
- REDELINGHUYS, Delize 88% met 6 onderskeidings
- BARKER, Thomas 86% with 6 distinctions
- TERBLANCHE, Christelle 86% met 8 onderskeidings
- MEINTJES, Chanelle 86% met 7 onderskeidings
- KOEN, Shané 85% met 6 onderskeidings
- WARNEY, Lorenné 83% with 5 distinctions
- SMITH, Ray 83% met 6 onderskeidings
- ANDERSON, Kyle 83% met 4 onderskeidings
- FROST, Michael 83% met 5 onderskeidings
- JOHNSON, Charlene 81% met 4 onderskeidings
- HEPPELL, Reevan 80% met 4 onderskeidings
- GOUSSARD, Onicke 80% met 4 onderskeidings
- HOUGH, Izaan 80% met 4 onderskeidings
In die volgende vakke behaal leerders ‘n gemiddeld van 70% en meer: Afrikaans EAT, Siviele Tegnologie, English FAL, Lewensoriëntering, Toerisme en Visuele Kuns
Die volgende vakke lewer 10 en meer A-gemiddeldes:
- Rekeningkunde (13)
- Afrikaans EAT (18)
- Afrikaans HT (22)
- RTT (10)
- English FAL (29)
- Lewensoriëntering (70)
- Wiskundige Geletterdheid (27)
- Wiskunde (13)
- Fisiese Wetenskap (12)
- Toerisme (21)
Number of learners with an A-aggregate: 19
With subject distinctions: 265
Matriculation exemption: 86,9%
Weereens doen Hoërskool Punt tradisie gestand deur skitterende uitslae vir 2019 te lewer. Baie geluk aan ons matriekgroep. Julle het julself skitterend van jul taak gekwyt.
Christi Snyman het 92% met 7 onderskeidings.
Johandri Vermaak het 90% met 8 onderskeidings.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'