Sponsored Content
SAKENUUS - Hessequa Harmonie vier vanjaar sy negende verjaarsdag met ’n inspirerende feesprogram vol musiek, teater, letterkunde, leefstyl-ervarings en kuns.
Van simfoniese konserte en skrywersgesprekke tot huldeblyke aan ikoniese kunstenaars en skrywers, bied die fees iets vir elke kunsliefhebber.
Met die tema van liefde, medemenslikheid, wysheid en eenheid nooi Hessequa Harmonie besoekers om van 22 tot 26 September saam te kuier en die unieke kulturele ervaring te beleef waarvoor hierdie geliefde plattelandse fees bekend geword het.
Ikoniese kunstenaars en skrywers by die Hessequa Harmonie 2026
Hieronder volg die volledige feesprogram.
Hessequa Harmonie 2026 Feesprogram
Dinsdag 22 September
09:00 | Skeerhok Padstal | 120 min | R300
Gesprek: Landbou-ontbyt
Aangebied deur die Landbouburger se redakteur Samantha van den Berg. Sy gesels met landbou-akademikus Professor Theo Kleynhans oor moderne boerdery en hoe sy lewe verander het vanaf akademikus na landboupraktisyn.
11:30 | Proeviand | 60 min | R220
Klassiek: Bulgarian Brunch
Miroslav Chakaryan (viool), Susan Mouton (tjello), Elna van der Merwe (klavier)
Haydn, Brahms, Mendelssohn en tradisionele Bulgaarse musiek.
19:00 | Stadsaal | 90 min | R220
Klassiek: Openingskonsert – Spiritual Songs
Niël Rademan (bariton), Paulina Malefane (sopraan), Miroslav Chakaryan (viool), Susan Mouton (tjello), Elna van der Merwe (klavier), en die RUK-koor o.l.v. Pam de Goede.
Spirituele keuses soos Amazing Grace, Danny Boy en I'll Walk With God.
20:15 | Banketsaal | 60 min | R150
Leefstyl: VRL Kuierkamer (Kaas en Wyn)
Bestel vooraf ’n bordjie eetgoed en ’n glas wyn om ná die konsert te geniet. Slegs op bespreking.
Woensdag 23 September
09:00 | Fouriehuis | 60 min | R150
Gesprek: Scheepers en Skrywers
Riana Scheepers en PJO Jonker gesels oor Jonker se debuutroman Die Onsigbare. Koffie en tee beskikbaar.
11:30 | Proeviand | 60 min | R220
Klassiek: Van Holland tot Heidelberg
Kaat Vanhaverbeke (akkordeon) en Josie McClure (saksofoon) – NorthSouth Duo.
Lewendige kultureel diverse werke uit Roemenië, Spanje, Nederland, Pole, die Balkan en Suid-Afrika.
15:00 | Congregational Kerkie | 60 min | R220
Woordkuns: TaMiem van Swellendam met Bettie Kemp
’n Reis deur die lewe van MER.
16:00 | NG Kerksaal | 120 min | GRATIS
Dagmark / Basaar
18:00 | NG Kerk | 75 min | R160
ATKV Galakonsert
Met Minette du Toit Pearce, Paulina Malefane, Corneil Muller, Elna van der Merwe, Windworx Simfoniese Blaasorkes en ’n feeskoor.
19:15 | NGK Saal | 120 min | GRATIS
Nagmark / Basaar
Donderdag 24 September
09:00 | Fouriehuis | 60 min | R150
Gesprek: Scheepers en Skrywers
Riana Scheepers en Prof. Steward van Wyk: Adam Small – 90 jaar.
11:30 | Proeviand | 120 min | R300
Erfeniskos: Bobotie en Pinotage-kombinasie
Musiek deur Melodika. Bobotie bedien saam met Meerendal Pinotage.
15:00 | Congregational Kerkie | 60 min | R220
Woordkuns: Adam Small – die viering van ’n vol lewe
Dean Balie lees en sing Adam Small se gunstelingwerke.
16:30 | Delish | 90 min | R200
Leefstyl: Happies & Bierproe
Vyf klein biere met komplimentêre happies.
19:00 | Stadsaal | 60 min | R220
Klassiek: 3 Klaviere – Mozart, Movies en Maestros
Met Elna van der Merwe, José Dias en Mario Nel.
20:15 | Banketsaal | 60 min | R150
Leefstyl: VRL Kuierkamer (Kaas en Wyn)
Slegs op bespreking.
Vrydag 25 September
09:00 | Fouriehuis | 120 min | R150
Gesprek: Scheepers en Skrywers
Riana Scheepers en Theo Kemp.
11:30 | Proeviand | 60 min | R220
Klassiek: Brahms en Blomme
Met José Dias (klavier) en Johanna Roos (viool).
15:00 | Congregational Kerkie | 60 min | R220
Woordkuns: Oulap se Rooi
Lee-Ann van Rooi lees haar gunstelinggedigte en vereer Diana Ferrus.
16:30 | Delish | 90 min | R200
Leefstyl: Happies & Wynproe
Vyf wyne met komplimentêre happies.
19:00 | Stadsaal | 75 min | R250
Ligte(r) Musiek: André Schwartz – Any Dream Will Do: My pad met Webber
’n Reis deur Andrew Lloyd Webber se musiekblyspele.
20:15 | Banketsaal | 60 min | R150
Leefstyl: VRL Kuierkamer (Kaas en Wyn)
Slegs op bespreking.
Saterdag 26 September
11:00 | Dasjesdrift | 120 min | R250
Gesprek: Scheepers en Skrywers
Riana Scheepers en Chanette Paul. Vonkelontbyt ingesluit.
14:00 | Dasjesdrift | 60 min | R220
Musiekdrama: Vivaldi en die Vondeling
Met Lynelle Kenned, Johanna Roos en Mario Nell. Teks deur Riana Scheepers.
16:00 | Dasjesdrift | 60 min | R250
Ligte(r) Musiek: Rocco de Villiers
Nostalgiese en moderne musiek, asook sy splinternuwe boek.
Daaglikse Kunsprogram
- Harmonie Handevat Handwerkuitstalling – Fouriehuis (Gratis)
- Handwerk-, Hekel- en Weefwerkswinkels (23–25 September)
- Solo- en groepkunsuitstallings
- Firefly Studio en Vriende
- Tuin na Tafel: Oes en Bedien
- Organiese kleiwerkswinkel
- Kinderkunsuitstalling
- Historiese staproetes
- Voor-innie-koor Koorsangwerkswinkels
Spesiale Projekte
- HSQA Kunsroete Kinderkunskompetisie
- HSQA Kunsroete Kinderkunsuitstalling: Simfonie


‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’