Sponsored Content
SAKENUUS - Teen hierdie tyd het jy sekerlik al van Hartland Akademie, die nuwe Christus-gesentreerde, Afrikaanse skool in Hartenbos, gehoor - binnekort kan jy self met die mense aan die stuur van hierdie nuwe instelling gaan gesels.
Op 17 Oktober hou Hartland Akademie sy amptelike ope dag.
Toekomstige ouers word uitgenooi om op hierdie dag om 10:00 die span by Hartland Akademie, by die Hartland-landgoed, te kom ontmoet en meer oor die skool se fokuspunte en waardesisteem uit te vind.
Behalwe vir die gr. RRRR tot gr. 7 klasse wat die skool aanbied, word babaklasse ook by die skool se aanbieding ingesluit. Jou kind kan met ander woorde van so jonk as vier maande oud af, by die Hartland-familie aansluit.
“Ek sien uit daarna om julle binnekort by die ope dag te ontmoet, so kom geniet ’n lekker koppie koffie saam met my!” sê die skool se hoof, Hennie Louw. Hy het amptelik op 1 Oktober begin in hierdie pos, en sê hy is ongelooflik opgewonde oor wat Hartland Akademie vir sy leerders gaan bied.
Hartland se doel is om deur holistiese en toekomsgerigte onderrig die volwassenes van môre te leer om krities te dink, tegnologies geletterd te wees en ook veerkragtig te wees.
Louw stel hierdie vraag aan ouers: “Het jy al ooit gewonder wat een van die sagte vaardighede is wat jou kind gaan nodig hê om suksesvol in die toekoms te wees? Ek glo in aanpasbaarheid en veerkragtigheid, dis die vermoë om te kan aanpas by ’n wêreld wat onophoudelik verander - dit gaan een van ons groot fokuspunte by Hartland wees.”
Hartland Akademie is ’n gesamentlike inisiatief van Die MOS Inisiatief en Doxa Deo Opvoedkunde, twee organisasies met ’n gedeelde passie om kinders in Afrikaans, binne ’n Christelike raamwerk, vir die toekoms toe te rus.
Muller van Loggerenberg, die hoof van opvoedkunde by die Doxa Deo-groep, sê hulle het nou al jare se ondervinding in die onderwys en bewese leermodelle - gehalte onderrig is vir hulle ononderhandelbaar.
En binne hierdie sisteem van topklasonderwyser, staan die Here sentraal. Hartland Akademie se leuse is ‘Wys die weg’ en sluit aan by Johannes 14:6 waar Jesus sê Hy is die weg, die waarheid en die lewe.
Besoek www.hartlandakademie.co.za vir meer inligting, of kontak se skool by [email protected].
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’