Sponsored Content
SAKENUUS - Garden Route architectural Studio, geleë te Montagustraat 113, Mossel Bay, is by die South African Council for the Architectural Profession (Sacap) geregistreer, wat hulle toelaat om planne te teken en in te dien vir strukture in 'n verskeidenheid klassifikasies.
Hulle werk vanaf Knysna tot Witsand en het onlangs hul span uitgebrei met 'n lid in Stilbaai om verder wes te bedien.
Met 43 jaar se bedryfservaring, insluitend werk by argiteksfirmas, konstruksie en 20 jaar in boubeheer by Pretoria, George en plaaslike munisipaliteite, bring die eienaar, Hans Viljoen, praktiese kundigheid om terreine se uitdagings, oortredings en oplossings doeltreffend aan te spreek.
Met hul kliënt-eerste benadering streef hulle om in elke kliënt se individuele behoeftes te voldoen.
Die teken van 'n struktuur is 'n proses waar baie aspekte in ag geneem moet word, insluitend die terreinkontoere en die balansering van die gebou se uitsig (gewoonlik suid) en sonlig (noord) aan die kus.
Hul omvattende dienste begin by advisering en hulle voer die projek deur tot plangoedkeuring om kliëntetevredenheid te verseker, asook voldoening aan die Nasionale Bouregulasies, Stadsbeplanning skema en die HOA reëls en regulasies.
Hul span sluit twee gekwalifiseerde tekenaars in, twee kandidaat-tekenaars wat binnekort kwalifiseer, een in opleiding, twee vakleerlinge, 'n ontvangsdame vir elektroniese indienings, en 'n administrateur wat finansies saam met die rekenmeester bestuur.
Hulle handhaaf Sacap se bevoegdheidskategorieë en lewer etiese, hoëgehalte, kliëntgerigte argitektoniese oplossings.
- 113 Montagu straat, Mosselbaai
- 082 416 6552
- info@grastudio.co.za
Garden Route architectural Studio is genomineer vir die Best of Mossel Bay leserskeusetoekenning. Stem hier: https://www.bestofsouthafrica.co.za/mossel-bay/
Die span by Garden Route architectural Studio.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’