Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - Die storie van hoe Fashion 4 Hair in Bayview sy beslag gekry het, getuig nie net daarvan dat drome bewaarheid kan word nie, maar dat harde werk, vrugte afwerp.
Nadat sy verskeie salonne in Hartenbos en 'n suksesvolle salon in Brackenfell gehad het, het Hannetjie se droom om in Bayview 'n salon te hê, waar geword.
“Ek het altyd vir my seuntjies gesê - ‘Mamma wens mamma kon hier ‘n salon hê’."
Hannetjie het Fashion 4 Hair in 2009 begin, met slegs een assistent. In 2017, het die kafee langs haar salon toegemaak en haar volgende stap, was om ‘n koffiewinkel as deel van die salon in te rig.
Vandag, bied die salon en sy ander geriewe werk aan 11 vroue. Die haarsalon bied: haarverlenging, Brazilian blowouts, Hair Botox en is op hoogte van die jongste neigings in haarkleur soos Balayage en Babylights. Die salon bied ook haarstilering vir mans en vir spesiale geleenthede soos troues en matriekafskeide.
“Iets wat al hoe meer gewild raak is ons Blow Dry Boot Camp.” Hiermee leer kliënte om self hulle hare met sukses droog te blaas soos hulle op 31 Augustus tydens ‘n Vrouemaandviering gedoen het. “Ons gaan die boot camp-aanbieding beslis uitbrei.”
Fashion 4 Hair is meer as ‘n haarsalon. Hulle bied ook limfdreinering en refleksiologie, beskik oor ‘n uitstekende grimeerkunstenaar en naelbehandelings, beide gel en akriel kan hier gedoen word. Kliënte kan hulself boonop bederf met ‘n lekkerny en ‘n drinkdingetjie by die koffiewinkel. “Op Saterdag, 31 Augustus, het elke vrou ‘n bederfpakkie gekry en ook ander pryse. Ons het tioletware ingesamel vir ‘n ouetehuis. Ek doen graag iets vir ander. Dis wie ek is.”
Tel: 044 695 0490
Benton straat, winkel 2, Bayview, Hartenbos
Facebook: https://www.facebook.com/hannetjiefashion4hair/
Die vroue van Fashion 4 Hair - (voor van links) Madele van Eeden, Marojean de Bod, Ilze Pelzer, Hannetjie Claassen (eienaar). Agter (van links) Adele Lucas, Riki Bosman, Stella van der Bank, Chrislynn van Zyl, Rochelle Floris, Noleen Smit en Nicolene Grobler.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'