MOSSELBAAI NUUS - Schutte Muller van Herbertsdale, 'n leerder van Laerskool Hartenbos het die afgelope vakansie aan die SA Jeugskou Kampioenskappe inBathurst in die Oos-Kaap deelgeneem .
Schutte is as SA Kampioen in sy afdeling, die Suiwel Bees Junior gekies.
Die Jeugskou is in 1999 as sport begin en behels dat die deelnemer ‘n dier moet leer om gemaklik in ‘n skouring te wees.
Die dier word nie beoordeel nie, maar hoe goed die skouman dit vertoon.
Op provinsiale en nasionale vlak word daar ook ‘n eksamen geskryf om die deelnemer se kennis oor die dier te toets.
Daarna word ‘n praktiese eksamen afgelê, waartydens die deelnemer eers die dier moet was en dan volgens sekere spesifikasies moet voorberei.
Die grootste deel van die kompetisie vind egter plaas wanneer die dier in die skouring vertoon word – oftewel skoumanskap.
Met 18 ander deelnemers in die ring verg dit ure se vooraf-oefening met die dier en soms tot 90 minute se konsentrasie in die ring om die beoordelaars te oortuig dat die betrokke deelnemer die betrokke ras die beste kan hanteer en vertoon.
Wat die prestasie vir Schutte nog meer spesiaal gemaak het, was dat hy vir die eerste keer deelgeneem het met ‘n vers genaamd Hermien, uit hul boerdery by Roodehoogte, Herbertsdale se eie kudde.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'