MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se jaarlikse talentsoektog, Mossel Bay's Got Talent, gefasiliteer deur die Mosselbaai-munisipaliteit se jeugkantoor, begin vandeesweek.
Talentvolle jongmense in die groter Mosselbaai sal weer eens die geleentheid kry om in verskillende kategorieë mee te ding vir kontantpryse wat by die finaal op 16 Junie oorhandig sal word.
Vandag, Vrydag 6 Maart, kry sangers, dansers, akteurs, musikante en ander uitvoerende kunstenaars in Brandwag, Sonskynvallei, Powertown en Ruiterbos die kans om te wys wat hulle kan doen. Registrasie begin reeds vanaf 16:00.
Die volgende oudisies sal fokus op die jeug van Vleesbaai, Boggomsbaai, Kleinberg, Herbertsdale en Buisplaas. Semi-finaliste word weekliks gekies uit die nege rondes van die soektog.
Op 23 Mei, word die finaliste gekies en die gala-geleentheid van die kompetisie vind jaarliks op Jeugdag plaas.
Beoordelaars en deelnemers tydens verlede jaar se MBGT.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'