Mandie Black het 'n dubbele slag geslaan met dié dat nie net haar foto as die wenfoto vir die maand aangewys is nie, maar aangesien sy ook die wenner is van die maandelikse prystrekking wat deur MuralArt geborg word. Sy wen 'n gratis A3 afdruk van 'n foto van haar keuse.
Die nuutste uitstalling van die galery het geopen op Donderdag, 11 Oktober en kan besigtig word by Kerkstraat 10.
Inskrywings vir die November-uitstalling moet teen Donderdag, 1 November voorgelê word. Die uitstalling open 8 November tydens 'n sosiale geleentheid om 18:00.
Die formaat en groottes van die foto's vir voorlegging is op 'n 4"x 6" skaal wat op alle redigeringsprogramme beskikbaar is. Op enige ander skaal bemoeilik dit die drukwerk, aangesien dit nie op die foto papier inpas nie.
Foto's kan in 1024 x 768 grootte gestuur word. Enige verdere navrae kan gerig word aan Kolie Visser by 044 695 2858.

Vandeesmaand se Rauch Gertenbach-fotogalery uitstalling het die tema 'Skaduwees en weerkaatsings'. Hier is Mandie Black se wenfoto wat hierdie tema uitbeeld.
Sien meer foto's hier.