MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt bied twee produksies aan wat baie vermaak en genot sal lewer.
Die jaarlikse glansgeleentheid van Punt, Starganza, vind, Vrydag 6 Mei, in die skoolsaal plaas.
Hierdie jaar se tema is Raw vs Real en beeld die kontras tussen stereotipering en die ware jy uit. "Punt is baie opgewonde om Loki Rothman as MC en gaskunstenaar vir hierdie jaar se Starganza te hê," het 'n woordvoerder van die skool gesê.
Kaartjies vir die Starganza beloop R120 per persoon (volwassenes en ANDER hoërskool leerders) en R60 vir Hoërskool Punt leerders en ALLE laerskool leerders. Kaartjies is by Hoërskool Punt se finansiële kantoor, asook by die deur beskikbaar. Koop egter vroegtydig jou kaartjie om teleurstelling te vermy.
Musiekblyspel
Vanaf 23 tot 27 Mei is 'n musiekblyspel wat elke Suid-Afrikaner nostalgies en trots gaan laat voel. Skipskop, met musiek van David Kramer, Sonja Herold en selfs Loufi se Wit-Skoene, is enkele nommers in hierdie produksie. Die draaiboek vertel die ware verhaal van Skipskop met Punt se eie akteurs en aktrises, kontempore dansers en sangers.
Punt se musiekdepartement spog met 'n lewendige orkes wat alles begelei en jou voete gaan laat jik.
Kaartjies is by Hoërskool Punt se finansiële kantoor te koop.
Starganza komende Vrydag, 6 Mei.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'