VERMAAK NUUS - Die Klein Karoo is slaggereed om hierdie week vanaf Vrydag 9 Augustus feesgangers op Oudtshoorn te verwelkom vir die 15de Klein Karoo Klassique.
Tien uitvoerings is op die program ingesluit, uitgevoer deur verskeie van Suid-Afrika se voorste klassieke musici.
Spesiale geleenthede vir kinders word aangebied, met hope geleenthede om tot Sondag 11 Augustus lekker saam te kuier.
’n Paar hoogtepunte op die program sluit in: Lig op die horison (11 Aug. 13:00) met Joshua na die Reën en die Suid-Kaap Kinderkoor; die Klein Karoo Klassique Galakonsert (10 Aug. 19:00) met bekende musikant en dirigent Richard Cock, violis Samson Diamond en die Kaapstad Feeskamerorkes; Vier pianiste deel die verhoog vir Sometimes it takes two (10 Aug. 13:00) met Nina Schumann, Megan-Geoffrey Prins, Esthea Kruger en Charl du Plessis en Bach, Brahms & Bolling (11 Aug. 16:00) met die Charl du Plessis Trio en tjellis Peter Martens.
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.
Klassique word aangebied deur die KKNK, moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting en die ATKV, met ondersteuning van Le Lude en die Oudtshoorn Munisipaliteit.
Klik hier vir die volledige program
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’