Sy briljante verwerkings van Ingrid Jonker se gedigte het mens laat stil raak terwyl sy komiese vertellings van staaltjies uit sy lewe, die gehoor laat skater het.
Chris het die vermoë om 'n gehoor te betower met sy vier-oktaaf stem en stemtoertjies en sy bekendheid as 'n musikale fenomeen is wêreldwyd. Hy het 'n eiesoortige styl en warm verhoogpersoonlikheid en die gemak waarmee hy versoeke uit die gehoor hanteer, maak van sy vertoning 'n baie verrykende ervaring.
Sy uitsonderlike talent het hom al vele toekennings besorg na sy eerste solo album se vrystelling in 2005. Ingrid Jonker se gedigte maak 'n kreatiewe energie in hom wakker en sy meesterlike vertolkings van hierdie verwerkings is werklik iets besonders. Hy is natuurlik ook bekend as akteur in verskeie televisie reekse en films.
Hy het ook in 2009 by die prestige MANDELA (46664) Konsert in New York opgtree, waar hy die verhoog gedeel het met onder andere Dave Stewart, Aretha Franklin, Josh Groban en Cyndi Lauper. Hy geniet dit om in België en Nederland te gaan toer waar hy 'n immergroeiende gehoor het.
Met sy kitaar en ongewone stemwerk, neem Chris Chameleon luisteraars verseker op 'n unieke musikale reis.
Aanhangers van die fenominale sanger Chris Chameleon het die element trotseer verlede week om sy eerste vertoning in die Bravo Lounge te gaan bywoon. Soos gewoonlik, het Chameleon sy gehoor behoorlik bekoor met sy ongelooflike vertolkings en almal met warm harte huis toe ge-stuur, nadat hy selfs 'n paar musiekversoeke vanuit die gehoor toegestaan het. Hier is Chris na die vertoning saam met Charnell Munro en Saartjie van der Nest.
ARTIKEL: TERSIA MARAIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'