MOSSELBAAI NUUS - Op 31 Mei en 1 Junie is ‘Boogie in the Bay” vir die eerste keer op Mosselbaai in die stadsaal aangebied deur Karin van der Merwe en die Bootscooters SA met die plaaslike lyndansklub, Rhythm in Motion, as gasheer.
Die besondere gebeurtenis is bygewoon deur 13 lyndansklubs van die Wes-Kaap, asook die Oos-Kaap.
Die klubs wat deelgeneem het was die Bootscooters SA, Dancing Queens, Happy Feet, Heartbeat, Linedance Addiction, Natinline, Twinkle Toes, Penquins Gansbaai, Rhythm in Motion, Step Together, Step in Line, Time 2 Dance and Whalecoast Linedancers.
Deur die loop van die naweek is nuwe danse aangeleer en is 100 reeds bekende danse gedans soos versoek deur die onderskeie klubs. Weens die weer was dit ongelukkig nie moontlik om op die strand ook te dans soos aanvanklik beplan is. Vrydagaand is bygewoon deur die klubs in hulle klub T-hemde vir 'n lekker ken mekaar sessie.
Rhythm in Motion in hulle klub T-hemde.
Saterdagoggend is meer gevorderde danse aangeleer en Saterdagaand was die tema “Rock ‘n Roll” waar optredes deur ‘n paar klubs gelewer is. Die geleentheid is deur 125 dansers bygewoon en ondanks gure weer was dit ‘n heerlike naweek vol gees en dans en is nuwe vriendskappe gevorm.
"Ons kan nie altyd die musiek kies wat die lewe vir ons speel nie, maar ons kan kies hoe ons daarop dans," sê Hannelie Els, instrukteur by Rhythm in Motion.
Organiseerder Karen van der Merwe en haar dogter Karien Vertenten.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’