Opvolg: Ongeluk naby Cooper

Die ongelukstoneel. Foto: Dave van der Merwe.

SUID-KAAP NUUSFLITS - 'n Vragmotor wat blykbaar vroeër in Heidelberg gesteel is, was by die Cooper-veilingskrale op die N2, skynbaar in 'n botsing met 'n rooi voertuig betrokke nadat dit van wetstoepassers probeer vlug het.
 
Volgens bevestigde berigte is drie provinsiale verkeersvoertuie ook in die ongeluk beskadig.
 
Die verkeersbeamptes is sover bekend nie in die ongeluk beseer nie, hoewel van die ander betrokkenes sodanig beseer is dat hulle per lugambulans na hospitale in George afgevoer is.
 
Kyk na 'n video hieronder:
 
 
Meer inligting volg soos dit bekend word.
 
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus' 
 
 
 


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser