Die dam was vol natuurlike kos en die vis het maar moeilik 'n keuse op die spyskaart gehad.
Altesaam sewe spanne van ses hengelaars elk het met hul beste doepas opgedaag met die een span van Eden-hengelklub wat die eerste kompetisie van vier gebuit het. Die oewer is in drie sones opgedeel.
Die fluit het om 07:30 reeds geblaas en die ase het oral in die dam geplons met hengelaars wat gehoop het dat sy toorgoed in die grotes se smaak sou val.
Die meeste vis in die senior afdeling is deur Hein Binnedel (Eden Swart) en George Thom (Kango) met vyf vis elk ingeweeg. Koos Groenewalt (Eden Swart) het met sewe vis in die meesters afdeling gewen.
Martin Kruger (Eden Blou) was eerste in die ju-nior afdeling met drie vis en Marlande Nel (Eden Blou) was die voorloper in die dames afdeling met drie vis.
Die swaarte baber (3,535 kg) is deur Jannie Crafford (DKD) geweeg en Jean Peo (Hartebeeskuil 1) het die swaarte Karp (2,66 kg) gevang.
Die Suid-Kaap Varswater Oewerhengelunie het besluit om nie meer 'n President- en Primierliga aan te bied nie, maar om voortaan die kompetisie as een groot gesamentlike te beskou met klubs wat meer as een span ingeskryf het.
Die swaarste sakke was:
- Seniors - Jannie Crafford (DKD) 7,21 kg;
- Meester - Koos Groenewald (Eden Swart) 6,96 kg;
- Juniors - Martin Kruger (Eden Blou) 3,55 kg;
- Dames - Marlande Nel (Eden Blou) 2,42 kg.
- Span-uitslae: 1 Eden Swart (60 pte); 2 Kango Blou (51 pte): 3 Eden Blou (45 pte); 4 DKD (43 pte); 5 Hartebeelskuil 1 (41 pte); 6 Kango Geel (39 pte); 7 Hartebeeskuil 2 (31 pte).