TUINROETE NUUS - Eden-hengelassosiasie was vanaf 12 tot 14 November as gasheer opgetree vir die nasionale grootmeester-hengelkampioenskappe wat in die Eden-distrik op Hartenbos plaasgevind het.
Ten spyte van die hengelomstandighede wat uiters moeilik was kon Johan Strauss van George (Eden) daarin slaag om 'n mooi kabeljou van 12.9kg te vang en het algeheel derde geëindig. Hy is ook opgeneem in die Proteaspan wat gaan deelneem teen Namibië.
Tony Harding van Knysna was algeheel agtste en Willie Vorster van Stilbaai was 10de.
Die nasionale grootmeester Proteaspan vir 2020 wat in Namibië gaan deelneem is van links, voor: Mario Teixiera, Julian Pybus en Johann Strauss. Agter: Dirk Lukas, John Lindsey, Wimpie Barnard, Paul Nel, Alan Prinsloo en André Poisat.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'