Nadat die son sy kop uitgesteek het, het 'n hele paar wintervissies gebyt.
Die nuwe klublid, Piet van Greunen, het uitgeblink deur die grootste karp (3,11 kg) te vang.
Robello Jardine het die kompetisie met 16 vis van 11,96 kg gewen. Marlande Nel het die vroue-afdeling gebuit met ses vis van 4,30 kg en Martin Kruger die junior afdeling met tien vis van 5,71 kg. Altesame 137 vis is tydens die kompetisie gevang.
Die toptien hengelaars vir die dag is:
1 Robello Jardine (16 vis van 11,96 kg);
2 Enrico Kruger (19 vis van 9,62 kg);
3 Johan Douglas (17 vis van 10,00 kg);
4 Koos Nel (20 vis van 8,285 kg);
5 Tony Jardine (13 vis van 11,645 kg);
6 Marius Nel (14 vis van 9,55kg);
7 Hein Binedell (13 vis van 6,54kg);
8 Martin Kruger (10 vis van 5,715kg);
9 Marlande Nel (6 vis van 4,30kg);
10 Piet van Greunen (2 vis van 3,94 kg).

Marlande Nel het by die Eden-hengelklub se kompetisie by die Du Toit-dam by Herold die vroue-afdeling gewen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'