Gallery
SONSKYNVALLEI NUUS en GALERY - Sonskynvallei se Sunshine United het die afgelope naweek hul bure en jarelange teenstanders van Power Town, die Hungry Lions, die stryd aangesê.
Sunshine United het vroeg reeds die voortou op hul tuisveld, United Park, geneem en sommer binne die eerste minute van die wedstryd die eerste drie gedruk.
Hulle het met nóg ’n drie op hierdie momentum voortgebou.
Die Hungry Lions kon self ook vir vyf punte oor die doellyn kom en het seker gemaak van hul strafskoppe.
Teen rustyd was die manne van Sonskynvallei met 18 - 11 voor.
Die tweede helfte was meer van ’n stryd, aangesien albei spanne geel kaarte ontvang het. Ten spyte van die Hungry Lions se terugvegpogings het die tuisspan in die laaste minute ’n stewige verdedigingslinie op hul doellyn gehandhaaf - dit het die oorwinning verseker en verhoed dat die Power Town-span verdere punte aanteken.
Toe die eindfluitjie blaas, was dit 30 - 18 in Sunshine United se guns.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’