MOSSELBAAI NUUS - Die Garden Route-rugbyklub vier 'n besonderse mylpaal in 2018 siende dat die span vanjaar 10 jaar oud is.
Dit is aldus die klubvoorsitter, raadslid Venolea Fortuin, 'n groot prestasie vir 'n ontwikkelingspan.
Die span ding mee in SWD Rugby se kusstreekliga. Danksy 'n ruim skenking, kan die span vanjaar met trots en 'n gevoel van eenheid en samehorigheid op die veld draf, nadat hulle nuwe uitrustings ontvang het.
"Kleredrag is 'n finansiële kopseer, aangesien van ons spelers werkloos is," verduidelik raadslid Fortuin.
"Vanjaar het Primier Finance in Voorbaai se Ferdinand Louw 'n ruim skenking gemaak tot ons kleredrag. Ons wil vir mnr Louw en mnr Johan bedank vir hulle onbaatsugtige bydrae tot die klub."
Garden Route-rugbyklub in hulle nuwe uitrustings met die klubwapen. Saam met die spelers op die foto is die afrigters, mnre Fortuin en Marx.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'