GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Vanaand, Dinsdag, 6 Januarie, begin Groot-Brakrivier RVK amptelik met hul oefensessies ter voorbereiding vir vanjaar se rugbyseisoen.
Die oefening skop om 18:30 by die Greenhaven-sportgronde, ook bekend as die House of Pain, af.
Die klub sê nuwe spelers is welkom om by die oefening aan te sluit en deel te word van hul ryk geskiedenis.
Nuwe spelers moet een gesertifiseerde afskrif van hul ID saambring, asook twee ID foto’s in kleur. Ondersteuners is ook welkom.
“2026 behoort ’n uitstaande jaar vir die klub te wees met ’n dinamiese bestuurspan en ’n afrigterskorps onder die bekwame leiding van Johann Lerm,” het Rodney Krige, die bestuurspanlid vir bemarking, vandeesweek gesê.
Die klub sal ook binnekort die nuutste oor eksklusiewe ledegeleenthede, kompetisies en meer hê, onder meer kaartjie- en wedstrydinligting vir die ses vriendskaplike wedstryde wat voor die seisoen gespeel word. Lidmaatskappakkette sal ook vroeg in Februarie beskikbaar gestel word.
“Soos altyd sal ons hard werk oor die komende maand ter voorbereiding vir 2026 - #OnsIsEen,” sê Krige.
Vir enige navrae, kontak die klub by grootbrakrugby@gmail.com of skakel René Booysen by 061 218 4951 of Krige by 076 108 5646.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’