GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Heidelberg het die afgelope Saterdag, 17 Mei, die juk wat oor hulle gehang het om 'n tuiswedstryd teen hul medekampioene, Groot-Brakrivier, te wen, met 'n sege van 32 - 24 afgeskud.
Die tuisspan was met rustyd 13 - 3 voor in hul vyfde Superliga A-wedstryd.
Beide spanne het voor- en agterlangs met mening ingeklim om die spel te probeer domineer. Daar was ook goeie aanvallende spel, sowel as rotsvaste verdediging deur albei.
Heibi het vier drieë teenoor Brak se enkele drie ingeryg om hulself van 'n welverdiende bonuspunt in dié klipharde stryd te verseker.
Brak se C-span het met 21 - 8 gewen.
In die wedstryd tussen die tweede spanne het die tuisspan met 35 - 7 gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’