TUINROETE DISTRIKSNUUS - Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) se veldskietkompetisie het skuts se vernuf behoorlik getoets.
Die kompetisie het Saterdag, 10 April weer net buite Oudtshoorn op die plaas Nooitgedag van Koos Potgieter plaasgevind.
Ten spyte van die sonbrand en uitdagende skietposisies was daar ‘n gemoedelike atmosfeer tussen die deelnemers.
Vier en sewentig skuts het in verskeie afdelings meegeding, naamlik ope-, dames-, veterane- en juniorafdeling (seuns en meisies).
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'