GROOT-BRAKRIVIER ROLBALNUUS - Weens die Covid-19-inperking kon Vista-rolbalklub op Klein-Brakrivier ongelukkig nie vanjaar ‘n rolbaldag ten bate van Kansa hou nie.
Die klub het toe besluit om weer eens net soos verlede jaar, ‘n WhatsApp-veiling as fondsinsameling vir Kansa te hou.
Die veiling het ‘n prag R10 000 opgelewer.
Vista-lede het werklik hul harte oopgemaak en vele items vir die veiling geskenk wat toe, tot groot vermaak, onder die lede opgeveil is. Elkeen word van harte hiervoor bedank.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'