MOSSELBAAI NUUS - Lede van die St Blaize Radio Flyers het Maandag, 6 Julie vir die eerste keer in 'n paar maande weer die lugruim kon benut.
Sedert die aankondiging dat sekere sportkodes se inperkings ingevolge die nasionale ramptoestand vanweë Covid-19 verslap is, het verskeie sportsoorte aansoek gedoen om weer te kan begin.
Volgens Kobus Swanepoel van die St Blaize Radio Flyers geld die normale ritueel van hande ontsmet, inteken, gegewens neerskryf en sosiale afstand hou.
Sy hoop is dat die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees nog vanjaar gaan plaasvind. Met die hoë infeksiekoers landwyd, mag hierdie hoop dalk beskaam. Toekomstige byeenkomste is egter nog in die weegskaal en datums kan nie vasgemaak word nie. Lede en belangstellendes sal egter op hoogte gehou word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'