Gallery
MOSSELBAAI NUUS - 'n Jong man wat sy wortels hier in Mosselbaai geplant het, het weer eens bewys dat die grondslag wat plaaslike skole vaslê in ons jong sportmanne en vroue wel vrug dra.
Franco Boshoff (24) is tans 'n finale jaar onderwysstudent by Stellenbosch Universiteit. Hy was in Laerskool Park en het gematrikuleer by Hoërskool Outeniqua.
Onderwys is sy passie en hy glo dat 'n goeie balans tussen sport, akademie en sosiaal 'n wenresep is.
FOTOGALERY: Franco Boshoff provinisiaal gewiggestoot sportman
Op sportgebied het hy reeds van jongs af potensiaal getoon. Hy het vanaf sy laerskooldae provinsiale rugby gespeel in onder andere die Cravenweek- en Grant Khomo-spanne en ook vir die Arende uitgedraf.
Hy het provinsiaal gewiggestoot vanaf 12- tot 18-jarige ouderdom en sy beste prestasie was 'n 4de plek by die SA skole.
In 2017 word hy ingesluit by die SA o/20-akademiespan en verteenwoordig die jong Arende in die o/20 Curriebekertoernooi. Hy verteenwoordig ook Maties-rugby in verskeie kompetisies tussen 2018- 2020.
Hy speel ook in verskeie reekse en spanne soos Varsity Cup Youngs, Varsity Cup, USSA'S en WP-klubliga.
In 2022 word hy deel van die Maties-atletiekspan en neem deel aan die USSA-byeenkoms.
Hy eindig 4de as beste gewigstoter in sy kategorie in Suid-Afrika. Hy sluit sy seisoen af met 'n persoonlike beste van 14,39m met die 7.26kg-bal, dieselfde bal as wat by die Olimpiese Spele gebruik word.
Tans werk hy hard tydens die afseisoen om te verbeter en moontlik volgende jaar op die podium te kan staan.
Franco is voorwaar 'n jong man wat nog 'n groot naam gaan maak vir Mosselbaai.
Fotos: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'