MOSSELBAAI NUUS - Tydens die Eden-proewe vir gimnastiek vlak 1-3 (artisties) is ses Laerskool Park-gimnaste opgeneem in die Eden-span.
Dis ses presteerders is Karli-Louise Weston, Denevé Nienaber, Zaleigh Rademeyer, Jana Pretorius, Renaldi van Zyl en Chantelle Fourie. Hulle vorder na die South-Zone kompetisie wat 22 Junie in Kaapstad plaasvind.
Artisties:
• Denevé Nienaber, vlak 1, brons
• Zaleigh Rademeyer, vlak 1, silwer
• Jana Pretorius, vlak 2, goud
• Renaldi van Zyl, vlak 2, silwer
• Chantelle Fourie, vlak 3, brons
Karli-Louise Weston behaal die volgende: Artisties, vlak 1, brons; Double mini, vlak 4, silwer; Eurotramp, vlak 4, goud.
John-Daniel Minnie behaal die volgende: Artisties, vlak 4, goud; Double mini, vlak 7, goud; Eurotramp, vlak 6, silwer.
Adriaan du Plessis behaal die volgende: Double mini, vlak 4, goud; Eurotramp, vlak 4, silwer.
Park se puik gimnaste is: (agter) Jana Pretorius, Denevé Nienaber, John-Daniël Minnie, Adriaan du Plessis, Chantelle Fourie, Renaldi van Zyl en (voor) Karli-Louise Weston.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'