MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die manne het tydens Woensdag, 19 Mei se twee weeklikse skietoefening van die Neill Calitz-skietklub in die afwesigheid van die vroue, vir puik prestasies gesorg.
Drie van die skuts het 90+ uit 'n 100 punte met die .22 oor 10m aangeteken met Bennie van den Heever se 96/100 die beste vir die dag. Nuweling Gert van Rooyen het ook vir 'n puik 95/100 gesorg.
In die 9mm-afdeling het Bennie ook die botoon gevoer met 'n prag voltal van 50/50.
Uitslae met die .22 is: 1. Bennie van den Heever; 2. Gert van Rooyen; 3. Gerrie Bester; 4. Danie le Roux en Hannes Ingram; 6. Gert Nel; 7. Rob Cumming; 8. Hans Willemse; 9. Rey Roodt; 10. Willie Nel.
Uitslae met die 9mm: 1. Bennie van den Heever; 2. Hannes Ingram; 3. Gerrie Bester; 4. Pieter Cronje; 5. Danie le Roux; 6. Rey Roodt; 7. Hans Willemse.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 2 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 plaas.
Lede word versoek om te alle tye die inperkingsmaatreëls by en op die skietbaan na te kom. Die dra van maskers by die skietpunt is verpligtend.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'