MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Mosselbaai Stoeiklub het onlangs aan die Gertjie van der Merwe stoeikompetisie in Brackenfell deelgeneem.
Sewe stoeiers van die klub sou aan die kompetisie deelneem, maar een moes egter noodgedwonge voor die kompetisie onttrek.
Die ses ander stoeiers het een goud, drie silwer en een brons medaljes verower.
Van links, agter: Dylan Knoesen (silwer), Christo Van Staden (afrigter) en Alexius Jooste wat ontrek het. Voor: Brendon Knoesen (goud), Ludwig Jacobs, Noah Kokinos (brons) en Christo van Staden jnr (silwer). Afwesig: Luke Vickers (silwer).