MOSSELBAAI NUUS - Gimnaste van MATT-gimnastiekklub op Mosselbaai het onlangs aan die Eden-proewe deelgeneem en puik presteer.
Die volgende gimnaste is gekies vir die Edenspan wat op 22 en 23 Junie aan die South Zone-kampioenskap op Kuilsrivier gaan deelneem:
Jana Terblanché (vlak 1 - silwer), Karli-Louise Weston (vlak 1 - brons), Zaleigh Rademeyer (vlak 1 - silwer), Lee-Anne Pretorius (vlak 1 - brons), Denevé Nienaber (vlak 1- brons), Ivanna Marais (vlak 1 - brons), Evanna Mabaso (vlak 2 - brons), Jana Pretorius (vlak 2 - goud), Renaldi van Zyl (vlak 2 -silwer), Tabita September (vlak 2 - goud), Lehané Saaiman (vlak 2 - silwer), Renicia Dickson (vlak 2 - silwer), Kwakho Magusha (vlak 2 - silwer), Mia Herselman (vlak 3 - silwer), Lizaan Brand (vlak 3 - brons), Chantelle Fourie (vlak 3 - brons), Nyoka Meyer (vlak 3 - brons) en Marli Saaiman (vlak 3 - goud).
Spanne van oor die hele Wes- en Noord-Kaap gaan aan die byeenkoms deelneem. Tydens die vriendskaplike kompetisie ter voorbereiding vir Eden-proewe van trampolien, het MATT se gimnaste uitstekend presteer. Gimnastiekklubs van Mosselbaai, George, Knysna en Oudtshoorn het deelgeneem.
MATT-gimnaste het vanaf vlak 4 tot vlak 7 deelgeneem. Hulle het meestal met 'n eerste of tweede plek weggeloop. Daar is tans 'n vlak 7-seun, die 11-jarige John-Daniel Minnie wat besig is met voorbereiding vir die Springbok-proewe wat eersdaags in Pretoria en Port Elizabeth plaasvind.
Kasper Janse van Vuuren, trampolienafrigter van die MATT-gimnastiek sê daar is boonop nog twee gimnaste wat ook voorberei vir volgende jaar se proewe.
Tydens die vrienskaplike kompetisie ter voorbereiding vir die Eden-proewe in trampolien, het MATT se gimnaste uitstekend presteer. Hierdie gimnaste het almal aan die trampolien-afdeling deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'