MOSSELBAAI ROLBAL NUUS - Vista Rolbalklub, by Klein-Brakrivier, het hul agtste rondomtalietoernooi aangebied.
Spanne vanaf Schweizer Reneke, Koffiefontein, Hermanus, Kaapstad en klubs uit die Mosselbaai-omgewing naamlik Hartenbos, George, Outeniqua, Mosselbaai en Vista neem aan die toernooi deel. Oor drie dae het 12 spanne teen mekaar te staan gekom. Weens gunstige weersomstandighede is die toernooi sonder enige onderbrekings afgehandel.
Die borg, Pick n Pay Fraai Uitsig, het hulself weer eens oortref met hul groot borgskap wat bestaan het uit groot prysgeld vir die eerste vier spanne asook vir elke dag se smaaklike versnaperinge wat gesorg het dat almal innerlik heerlik versterk was. Musiek uit die sestigers het bygedra tot 'n aangename atmosfeer en vriendskapsbande van oor die afgelope agt jaar is weer eens versterk.
Uitstekende rolbal is gespeel en 'n hoë standaard is gehandhaaf.
Die sterk span van Hartenbos, met Ristoff van Wyk as skipper, het as wenners uit die stryd getree. Die tweede en derde plekke is deur onderskeidelik Hermanus en Outeniqua ingeneem.
Derde plek (Outeniqua-rolbalklub): Margesna Braaff (borg: Pick n Pay), Anri Fick, Rita Louw, John Dampier, Greg Young en Danie Venter (borg: Pick n Pay).
Wenners (Hartenbos-rolbalklub): Margesna Braaff (borg: Pick n Pay), Ristoff van Wyk, Evelyn van Wyk, Rina Theron, Willem Theron en Danie Venter (borg: Pick n Pay).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'