Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die afgelope naweek het die plaas Bartelsfontein buite Mosselbaai op die R327, waar die vyfde Garden Route 4x4 Expo gehou is tussen 30 April en 1 Mei, behoorlik uit sy nate gebars met die skou wat elke jaar beter en groter word.
Volgens die organiseerders, Callie en Petra Sacshe, het die bywoning dié jaar alle vorige jare oortref met net minder as 10 000 besoekers.
Daar was meer as 140 uitstallers, enigiets van kos, karavane, voertuie, en verskeie ander uitstallers wat hul produkte ten toon gestel het.
FOTOGALERY: Vyfde Garden Route 4x4 Expo
Vermaak was daar in oorvloed met 12 kunstenaars wat opgetree het in die groot wit tent. Groot name in die musiekbedryf soos Elvis Blue, Jan Jan Jan, Mathys Roets, Manie Jackson en Snotkop was maar 'n paar van die wat opgetree het. Met verfklasse, hommeltuig-vertonings, grootste perd, honde-, brandweer-vertonings en baie meer, was daar vir elkeen iets om hulle mee besig te hou. Mosselbaai Helikopters het weer eens gesorg vir daardie unieke uitkyk oor die plaas met helikopterritte.
Vir die jongspan was daar 'n pretpark en verskeie ander aktiwiteite, wat hulle besig gehou het.
Wat die Ekspo ook uniek maak is dat dit plaas is en jou hondekind ook altyd welkom is. Volgens Petra gaan daar volgende jaar 'n brak-pitstop wees waar jou dierekind ook 'n drink dingetjie en 'n hondebeskuitjie kan kry.
Een van die groot hoogtepunte van die skou was natuurlik die 4x4-baan waar die publiek óf self óf met ervare bestuurders die hindernisritte kon beleef.
Mosselbaai Ford, wat die jaar die hoofborg van die Ekspo was, het op die Wild Track baan die publiek die geleentheid gebied om die brute krag, spoed en die nuutste tegnologie van die nuwe Ford Raptor te kon meemaak. Die Ford Adventurespan, wat uiters goeie opgeleide bestuurder is, het menige lede van die publiek laat gryp na die handreëlings binne die voertuig terwyl hulle om die Wild Track baan deur hul passies gegaan het.
Dié baan was 'n eerste vir die Ekspo en volgens Ford Mosselbaai se eienaar, Gideon Knoetze, was die opkoms oorweldigend en sal Ford Mosselbaai in oorleg met sy hoofkantoor beslis weer volgende jaar terug wees.
"Volgende jaar gaan ons meer uitstallers, meer parkering en 'n groter kinderspeel-area hê. Ons mik na 'n nóg groter Ekspo," het Petra gesê.
VIDEO - Nog beeldmateriaal van die 2023 Garden Route 4x4 Expo
VIDEO - Onderburgemeester, raadsheer Cliffie Bayman op die Wild Track1
KYK GERUS NA VORIGE VIDEOS
- 4x4 Tuinroete Expo 2023 – Video: Michelle Reyneke, Mossel Bay Advertiser
Video Link: https://youtu.be/OwkNSQdY6E0
- Moenie ‘n rit saam met die Ford Raptor misloop nie – Video: Jannie du Plessis, Mossel Bay Advertiser
Video Link: https://youtu.be/Z7krdfnDzmo
- Dag twee van die 4x4 Expo – Video: Jannie du Plessis, Mossel Bay Advertiser
Video Link: https://youtu.be/pw5GOKCMSRs
- Tuinroete Exspo op Bartelsfontein – Video: Michelle Reyneke, Mossel Bay Advertiser
Video Link: https://youtu.be/hrqe7i-U3cU
- Tuinroete Expo in volle swang – Video: Michelle Reyneke, Mossel Bay Advertiser
Video Link: https://youtu.be/SuAOmA1drzE
Fotograaf van die Mossel Bay Advertiser, Jannie du Plessis (heel bo) moes bont staan om al die voertuie in aksie af te neem. Foto: Suzette Herrer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’