MOSSELBAAI NUUS - Twaalf atlete van die streek het op Saterdag, 6 April aan die Modern Pentathlon (MPA) se Eden moderne driekampkampioenskap by Santosstrand in Mosselbaai deelgeneem.
Daar was hierdie jaar min atlete as gevolg van driekamp se Wes-Kaapse kampioenskap en SA-kampioenskap wat in Bredasdorp en Durban aangebied word en die kostes vir die atlete baie hoog is.
Die uitslae van die Mosselbaai-byeenkoms is soos volg:
- o/11 meisies: Anna Grabe (goud).
- o/11 seuns: Ryan Nagel (goud) en Ben Groenewald (silwer).
- o/13 meisies: Tonya Schoeman (goud) en Lucy Nagel (silwer).
- o/13 seuns: Liam Julyan (goud) en Johan Grabe (silwer).
- o/17 seuns: Stef Schoeman (goud) en Marcus Kleynhans (silwer).
- Senior vroue: Zane Coetzee (goud).
- Meester-mans 40+: De Wet van Niekerk (goud).
- Meester-mans 60+: Johan Windt (goud).
Bogenoemde medalje wenners het gekwalifiseer om die naweek van die 18/19de Mei aan die Wes-Kaapse driekampkampioenskap in Bredasdorp deel te neem.
André Kleynhans (junior mans) en Debbie Strydom (meester vroue 40+) het egter alreeds vroeër in die jaar gekwalifiseer om aan die Wes-Kaapse kampioenskap deel te neem.
Dit is die o/11 en o/13 driekamp-deelnemers saam met Paula Kleynhans, een van die beamptes.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'