MOSSELBAAI SPORTNUUS - Lede van die Neill Calitz-skietklub kon Woensdag, 8 September, na amper twee en 'n half maande wat die baan weens Covid-19-regulasies gesluit was, weer 'n skietoefening bywoon.
Dit was 'n heerlike sonskyndag en skuts het dit geniet om hul skietvernuf weer te toets.
Bennie van den Heever se skietvernuf het beslis nie verroes nie en hy skiet met beide die .22 en 9mm 'n uitstekende 99/100.
Danie le Roux en Willie Germishuys het soos gewoonlik weer as baanoffisiere opgetree en was reeds vroeg by die baan om alles gereed te kry sodat die skuts 09:00 kon begin oefen.
Uitslae
.22 oor 10m: 1. Bennie van den Heever; 2. Willie Germishuys; 3. Calie Brown en Suzette Herrer; 5. Gerrie Bester; 6. Hannes Ingram; 7. Liam Brown; 8. Danie le Roux; 9. Gert Nel; 10. Johanna Germishuys; 11. Johan Uys; 12. Kara Hattingh; 13. Hans Willemse; 14. Willie Nel.
.22 oor 20m: 1. Calie Brown; 2. Johanna Germishuys; 3. Bennie van den Heever; 4. Hans Willemse.
9mm oor 10m: 1. Bennie van den Heever; 2. Calie Brown; 3. Willie Germishuys; 4. Danie le Roux; 5. Hannes Ingram; 6. Gerrie Bester; 7. Johanna Germishuys; 8. Hans Willemse.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 22 September vanaf 09:00 tot 12:00 plaas. Die volgende skietkompetisie vind op Saterdag, 2 Oktober plaas.
Lede word versoek om te alle tye die inperkingsmaatreëls by en op die skietbaan na te kom. Die dra van maskers by die skietpunt is verpligtend.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'