MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Boggomsbaai-gholfklub het 'n besige seisoen beleef met vier borgdae wat uiters suksesvol afgeloop het.
Buffelsdrift
Die Buffelsdtift Game Lodge-borgdag is op 23 Desember vir die 24ste keer op Boggomsbaai aangebied. Andries van Schalkwyk, uitvoerende bestuurder van Buffelsdrift Game Lodge, het einde van 2022 afgetree, maar hy het eers seker gemaak dat die verbintenis tussen Buffelsdrift en Boggomsbaai-gholfklub vir die toekoms behoue gaan bly en Pieter Pretorius, die nuwe man in die pos, het self daardie versekering kom gee op die 23ste. Baie dankie, Andries, vir die ongelooflike ondersteuning oor soveel jare. En baie dankie dat die spesiale dag nog steeds sal voortgaan.
'n Groot veld van amper 60 spelers het die 23ste afgeslaan in 'n individuele stablefordkompetisie. Die volgende spelers het die meeste punte aangeteken: 1. Bennie Pienaar 45; 2. Russell Raubenheimer 42; Ernest Roux 39; 4. Taswill Janse 38; 5. Jaco Botha 37 en 6. Juan Swart 37. Vrouewenner is Jeanette Botha 36.
Mosselbaai Toyota
Mosselbaai Toyota en die Boggomsbaai-gholfklub se verhouding strek al oor 38 jaar. Om dit nog eenvoudiger te stel is Mosselbaai Toyota al betrokke by Boggomsbaai vandat die gholfklub in 1984 gestig is. Vir die Boggomsbaaiers is dit 'n reuse riem onder die hart dat Toyota na al die
jare nog steeds vir hulle omgee en koester hulle daardie belangsteling in hulle, baie.
As gevolg van reën en erge winde moes die beoogde gholfdag van Mosselbaai Toyota uitgestel word van die 17de tot die 27ste Desember. Dit het geen afbreek aan die belangstelling in die borgdag gedoen nie en 'n mooi veld van 44 spelers het aan 'n beterbalkompetisie met 'n voorkeur dryfhou deelgeneem.
Die volgende pare het die beste gevaar: 1. Johan en Noeline Kemp 47; 2. Ernest Roux en Hennie Pienaar 46; 3. Hans-Jurie Human en Wessel Oosthuizen 45.
Baie dankie aan Gawie Maritz en Flaps Winterbach van Mosselbaai Toyota wat kom saamspeel het.
Julyan Bruyns
Julyan Bruyns is 'n Boggomsbaaier en 'n sakeman van Bethlehem. Sy liefde en omgee vir Boggomsbaai wys hy elke jaar met 'n heerlike, ontspanne
geborgde gholfdag so rondom die nuwe jaar. Hy noem dit sommer "'n moerlekker gholfdag!" Baie dankie vir jou omgee, Julyan.
'n Lekker volveld het opgedaag vir die IPS-kompetisie. Dit is ook lekker om te sien dat daar 'n klompie vroue by Boggoms begin speel het en hulle
teenwoordigheid daar is soos 'n vars briesie wat sy opwagting gemaak het. Die organiseerders en borge probeer hulle dan ook apart beloon vir hul vertonings.
Die volgende spelers het die meeste stablefordpunte bymekaar gemaak:
- Mans: 1. Deon Londen 36; 2. Taswill Janse 36; 3. Jarno Loubser 35; 4. Johan Kemp 35; 5. Julyan Bruyns 35; 6. Flaps Witerbach 35 en 7 André Beukes 35.
- Vroue: 1. Irmadel Loubser 36; 2. Esbe Badenhorst 32 en 3. Berti Harris 31.
- Naaste aan die penne is gewen deur Tannah Harri op 6/15 en Johan Muller op 9/18. Johan Kemp was die naaste aan die pen op putjies 8/17 vir twee.
Jakkalsvlei
Jantjie Jonker en sy Jakkalsvlei is al verskeie jare op Boggomsbaai betrokke en die spelers staan elke jaar tou om van sy gesogte wyne as pryse te kan ontvang. Op 7 Januarie het Jakkalsvlei Wynlandgoed dan ook die borge vir die nuwe jaar op Boggomsbaai ingelei en die spelers het omtrent gekompeteer vir die wye verskeidenheid pryse. Baie dankie, Jantjie, ons waardeer jou ondersteuning baie.
In die IPS-kompetisie het die volgende spelers uitgeblink:
1. Andries van Schalkwyk 41;
2. Hennie Pienaar 41;
3. Yanic Loubser 39;
4. Tannah Harris 38;
5. Philip Fourie 37;
6. Heinie Geldenhuys 37;
7. Esbe Badenhorst 36;
8. Julyan Bruyns 35.
Naaste aan die penne is gewen deur Henk Pienaar op 6/15 en André Beukes op 9/18.
Môre, Saterdag 14 Januarie, vind die Boggomsbaai-gholfklub se geslote klubkampioenskappe plaas en op 28 Januarie is daar 'n vleisdag met 'n gekombineerde stableford as formaat.
Wenners van die Mosselbaai Toyotadag is: Flaps Winterbach (borg), Ernest Roux, Wessel Oosthuizen, Hennie Pienaar, Noeline en Johan Kemp, Hans-Jurie Human en Gawie Maritz (borg).
Wenners van die Jakkalsvleidag: Andries van Schalkwyk, Tannah Harris, Yanic Loubser en Hennie Pienaar
Wenners van Julyan se dag is: Julyan Bruyns (borg), Esbe Badenhorst, Imadel en Jarno Loubser, Deon Londen en Taswill Janse.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'