MOSSELBAAI NUUS - 'n Plaaslike inwoner het die SWD-rekord in die hoogspring verbeter met haar eerste sprong by die onlangse SWD meestersatletiekbyeenkoms op Oudtshoorn.
Yolanda van Langelaar (43), atletiekafrigter by die Hoërskool Punt en assistent-verpleegbestuurder by die Life Bayview privaat hospitaal het in die ouderdomsgroep 40-44 die bestaande rekord van 1,58m verbeter na 1,6m.
Volgens Yolanda het sy dit met haar eerste sprong gedoen en het sy nie eens rêrig voorberei vir die kompetisie nie.
Yolanda en haar man Danie rig ook verspring en driesprong af by die Punt Hoërskool.
Yolanda van Langelaar seil oor die hoogspringlat. Foto: Paula Spies
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'