TUINROETE NUUS - Vyf SA rekords, agt provinsiale rekords en vyf byeenkomsrekords is verlede Saterdag op Oudtshoorn by die Highgate interprovinsiale tweekampbyeenkoms opgestel.
Tussen die 616 atlete was Johan Windt (Eden) en Marille Bass (WP) wat SA rekords verbeter het.
Die WP het die spanbeker gewen gevolg deur Boland, OP en Eden.
Die vier topatlete by vanjaar se byeenkoms was:
- Senior victor ludorum: Johan Windt (Eden) en Micheal Forbes (Grens).
- Senior victrix ludorum: Kelly Vroom (WP).
- Junior victor ludorum: Matthew van Coller (OP).
- Junior victrix ludorum: Anke Serfontein (OP).
Declan Kiewiets van Eden.
Eden se vier medaljes is deur Johan Windt, Edie Lutsch, Damian Smith en Landré Cope ingepalm.
Die volgende ligabyeenkoms vind op 11 Februarie op Mosselbaai plaas gevolg deur die Liga 2-byeenkoms op George (18 Februarie) en dan die Liga 3-byeenkoms op Oudtshoorn (25 Februarie). Die Eden-kampioenskappe is op 3 Maart op Oudtshoorn.
Die Highgate-volstruisplaas het die interprovinsiale byeenkoms, die grootste nog, vir die 26ste keer geborg.
Jandré Alberts, die vlagdraer van die Eden-span.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'