Gallery
MOSSELBAAI NUUS EN GALERY - Sewe hoërskole het oor twee dae die afgelope naweek tydens die Mosselbaai-streeksbyeenkoms by die Van Riebeeck-stadion teen mekaar te staan gekom.
Curro Mosselbaai was vanjaar die gasheer vir dié byeenkoms.
Atlete van Punt Hoër, Curro, Sao Bras Hoër, Hillcrest Secondary, Indwe Secondary, King’s College en Garden Route Hoër het deelgeneem om die bestes in die veld- en baanitems onder hulle te bepaal.
Skitterende prestasies is in die baanitems asook ver- en hoogspring en worpe opgelewer.
Die skole se punte was soos volg: Punt (192), Curro (59), Hillcrest (33), Indwe (23), Sao Bras (17), King’s College (14) en Garden Route (5).
Uit dié atlete is 146 gekies om Mosselbaai vandag en môre, 27 en 28 Februarie, by die Eden-kampioenskappe in George te verteenwoordig.
Met 91 atlete het Punt Hoër die meeste leerders wat aan die Eden-byeenkoms sal deelneem. Curro het 24, Hillcrest 10, Sao Bras en Indwe elk agt en King’s College vier. Hulle sal teen atlete van Hessequa, Knysna/Plett, George, Oudtshoorn en Kannaland deelneem, waarna die Eden-span vir die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe gekies sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’